Welcome to our book review site go-pdf.online!

You may have to Search all our reviewed books and magazines, click the sign up button below to create a free account.

Sign up

Systematic Geology
  • Language: en
  • Pages: 942

Systematic Geology

  • Type: Book
  • -
  • Published: 1878
  • -
  • Publisher: Unknown

None

Africa / The Americas / Asia and Oceania
  • Language: en
  • Pages: 729

Africa / The Americas / Asia and Oceania

Africa / The Americas / Asia and Oceania.

Die verlange (eBoek)
  • Language: af
  • Pages: 305

Die verlange (eBoek)

In DIE VERLANGE, die derde boek in die BAILEY FLANIGAN-reeks, begin Bailey en haar Hollywood-medester Brandon Paul se verhouding groei. Romantiese uitstappies in New York maak nuwe gevoelens in Bailey wakker. Intussen het Cody se uitstekende afrigting en sukses met sy kleindorpse voetbalspan vir hom nasionale aandag besorg. Te midde van al die vieringe is Cody en sy vriendin Cheyenne se verhouding ook besig om te groei, want sy verstaan sy nuwe lewe baie goed. En tog ervaar Bailey en Cody dat hulle na mekaar verlang. Albei verlang terug na die verlede en na antwoorde voordat hulle kan aanbeweeg. Sal ’n onverwagte verlies die keerpunt in Cody se lewe wees? Sal Cody en Bailey mekaar weer vind vir die eerste keer in byna ’n jaar? DIE VERLANGE is ’n verhaal vol hunkering, besluite en nuwe uitdagings.

Vyftien minute (eBoek)
  • Language: af
  • Pages: 291

Vyftien minute (eBoek)

New York Times topverkoperskrywer, Karen Kingsbury, bewys in Vyftien minute waarom sy een van die wêreld se gunsteling romanskrywers is met ’n treffende verhaal oor die prys en opofferings van roem. Vyftien minute vertel die verhaal van Zack Dylan, ’n aantreklike drie-en-twintigjarige met ’n groot droom. Hy wil graag op spoggeleenthede vir rekord-gehore sing en sal enigiets doen om dit te bewaarheid. Maar Zack het ook ’n belofte gemaak aan sy meisie, Reese, wat versoek het dat hy deelneem aan die gewilde realiteitsreeks, Vyftien minute. Saam met hierdie belofte het hy haar verseker dat roem nooit in die weg van sy verhouding met God sal kom nie. Zack raak oornag een van die land se ...

Kompleks
  • Language: af
  • Pages: 189

Kompleks

Sean is nog altyd gefassineer deur die heelal en alles daarin. Hy lê gereeld in die aande in sy bed en dink aan al die mense wat voor hom op aarde was. Hoe almal gepoog het om die heelal te verstaan: waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul. Sean hou duim vas vir ’n inter-meer-al-ruimtewurm, maar al wat nou bestaan is hierdie heelal en hierdie realiteit. Om die waarheid te sê, hy dink hy het beland in een van die heelalle van Sean wat beslis ’n fabrieksfout was. Dit tot hy vir Mika ontmoet het en hulle lewens nooit weer dieselfde sou wees nie. Altans, nie in hierdie heelal nie ...

Vrygelaat
  • Language: af
  • Pages: 366

Vrygelaat

’N VERHAAL VAN LIEFDE WAT MURE AFBREEK Die agtienjarige Holden Harris bevind homself in ’n figuurlike tronk – outisme. By die skool word hy geboelie, want die ander kinders verstaan hom nie. Al wat hulle sien, is sy vreemde gedrag. Hulle besef nie hy is diep in sy hart ’n normale, gelukkige kind nie. Ella Reynolds is een van die gewilde kinders in die hoërskool en die ster van hul nuwe dramaproduksie. Op ’n dag luister Holden hoe Ella oefen en kom Ella agter watter uitwerking die musiek op hom het. Sy ontferm haar oor hom en ontdek boonop dat sy en Holden beste maats was toe hulle klein was. Soos Ella se vriendskap met Holden groei, raak sy al meer gefrustreerd met die manier waarop die bevoorregte en gewilde kinders die kinders wat anders is behandel. Daarom besluit sy om iets drasties te doen en teen hulle op te staan. Ella glo in wonderwerke en hoop dat die gemeenskap se oë in die proses sal oopgaan. Maar sal hulle waarlik daarin kan slaag om Holden uit sy tronk te bevry? Vrygelaat is ’n verhaal oor vriendskap, geloof en die krag van musiek. Dis ’n verhaal van gebroke verhoudings wat herstel word en die wonderwerk wanneer die mure tussen mense afgebreek word.

Die uitdaging (eBoek)
  • Language: af
  • Pages: 323

Die uitdaging (eBoek)

Bailey Flanigan se droom om ’n danser en aktrise in New York te wees, is besig om bewaarheid te word, terwyl Cody ’n klein hoërskool-voetbalspan afrig – op én van die veld af. Maar sonder dat hulle die geleentheid het om hul drome met mekaar te deel, kan nie een van hulle ware vervulling ervaar nie. Kan die afstand tussen hulle daartoe lei dat hulle gevoelens vir mekaar behoue bly? Of gaan Cody leer om ander mense te soek met wie hy sy geluk kan deel? En wanneer ’n tragedie plaasvind, wie sal daar wees om troos te verskaf in ’n tyd van verlies? Soos wat Cody se verlede hom inhaal, moet hy leer om te vra vir hulp of die risiko loop om homself heeltemal van ander te onttrek. Bailey en Cody leer in DIE UITDAGING belangrike lewenslesse. Hierdie meesleurende liefdesverhaal is die tweede boek in die BAILEY FLANIGAN-reeks met karakters uit Karen Kingsbury se Baxter-familie.

One of Us is Next
  • Language: nl
  • Pages: 224

One of Us is Next

  • Type: Book
  • -
  • Published: 2024-02-13
  • -
  • Publisher: Van Goor

Deel 2 in de One of us is lying-reeks Bayview High, een jaar na de dood van Simon Kelleher, de oprichter van de roddelapp About That. Sindsdien heeft niemand de honger naar roddels zo goed kunnen stillen als hij. Totdat iemand op school een mysterieus spelletje Truth or Dare begint. Kies je Truth? Dan moet je je diepste geheim onthullen. Kies je Dare? Dat kan nóg slechter voor je uitpakken, want de opdrachten kunnen levensgevaarlijk zijn. Simon mag dan dood zijn, iemand houdt zijn naam in ere – en gaat daarvoor over lijken. Deel 1 van deze spannende Young Adult-trilogie voor jongeren vanaf 15 jaar is als serie te zien op Netflix. Lees verder in deze serie: One of us is lying (deel 1) One of us is back (deel 3) Lees ook van Karen M. McManus: Twee kunnen een geheim bewaren Familie liegt nooit Jij wordt nog eens mijn dood Niets meer te zeggen

’n Tyd om lief te hê
  • Language: af
  • Pages: 397

’n Tyd om lief te hê

Na een-en-twintig jaar se getroude lewe en ‘n amper-egskeiding, is John en Abby Reynolds weer bymekaar en gelukkiger as ooit. Hulle is oortuig dat hulle al die uitdagings wat hulle in die gesig staar – hul kinders se probleme end die politiek rondom John as voetbal-afrigter – kan hanteer. Maar dan gebeur die ondenkbare, wanneer ‘n motorongeluk hul lewens onderstebo keer... Die tragedie skud hul geloof, en die van hul kinders. Om te kan vergewe en te bly hoop op ‘n wonderwek, verg dat John en Abby opnuut ontdek en vashou aan die wat werklik belangrik is. Hulle is vasberade om saam aan te beweeg met hul lewens maar is saam voldoende vir ‘n toekoms wat gulle nooit voorsien het nie? “n Tyd om lief te hê is ‘n onvergeetlike verhaal van hoop en geloof – ontdek die krag van onvoorwaardelike liefde en toewyding, en die vermoë van ‘n almagtige God om ‘n tragedie in ‘n geleentheid te omskep.

’n Tyd om te dans / ’n Tyd om lief te hê Omnibus
  • Language: af
  • Pages: 771

’n Tyd om te dans / ’n Tyd om lief te hê Omnibus

John en Abby Reynolds is die toonbeeld van ‘n gelukkig getroude paartjie. Vriende beny hulle, kollegas bewonder hulle en hul kinders koester die beeld van ‘n ma en pa wat versot is op mekaar. Hul droom-huwelik is egter ‘n illusie – John staan op die punt van ‘n affair, en Abby is lankal nie meer die meisie van John se drome nie. ‘n Tyd om te dans is die verhaal van John en Abby se reis deur huweliksontrou en hul soeke na ‘n rede om weer saam vorentoe te kyk. In ‘n Tyd om lief te hê word die Reynolds-gesin se geloof getoets wanneer ‘n motorongeluk hul lewens onderstebo keer... Om te kan vergewe en te bly hoop op ‘n wonderwerk, verg dat hulle opnuut ontdek en vashou aan wat werklik belangrik is. Die Karen Kingsbury omnibus sal jou laat besef dat daar krag is in onvoorwaardelike liefde en toewyding, en dat God enige tragedie in ‘n geleentheid kan omskep.