Welcome to our book review site go-pdf.online!

You may have to Search all our reviewed books and magazines, click the sign up button below to create a free account.

Sign up

Aspoesterskoene
  • Language: af
  • Pages: 350

Aspoesterskoene

Met haar wankelende selfvertroue en versmorende skuldgevoelens moet Sarah Marius Malan met hulle reünie op Doringbaai weer in die oë kyk. Sý het hom destyds byna vernietig met die bespiegelinge wat sy ná Gertruida se dood aangeblaas het.

Die Ander vrou
  • Language: af
  • Pages: 324

Die Ander vrou

Linda is die ander vrou, die oorwinnaar in die liefdesdriehoek. Maar die krake in haar huwelik wys reeds tydens die wittebrood. Dié roman vorm ’n tweeluik met Eendagmooi, waarin die versaakte vrou se verhaal vertel word.

Sjokoladesoene
  • Language: af
  • Pages: 346

Sjokoladesoene

Jessie Jansen vergryp haarself aan sjokolade, want dis al wat die gat in haar toemaak. Die ene wat Andries gelos het toe hy met die jong dingetjie weg is. En toe sien Bruno Baumann haar raak en praat haar om om model te speel in sy nuwe reklameveldtog wat op die ‘gewone’ vrou gerig is.

Kammaliefde
  • Language: af
  • Pages: 200

Kammaliefde

Sy hoort nie by Krisjan van der Merwe met sy soentjies en drukkies nie, sy lag en terg nie. Dis net kamma-kamma, weet Nanzi. Net tot hy genoeg gehad het. Soos alle mans. Sy kén die vernedering.

Kanniedood-liefde
  • Language: af
  • Pages: 200

Kanniedood-liefde

Op Kurt se gasteplaas vir ou hippies wil Jackie nie wees nie. Sy moet ’n artikel oor hulle skryf ... toe stap Kurt reg in haar hart in. En sy wéét van die albatros om sy nek.

Een plus een
  • Language: af
  • Pages: 236

Een plus een

Een plus een is ’n heruitgawe van twee van haar gewildste romanses: Kammaliefde en Kanniedoodliefde.

Ek en jy (Duet)
  • Language: af
  • Pages: 239

Ek en jy (Duet)

Ek en jy is ’n heruitgawe van twee van Kristel Loots se gewildste romantiese komedies, ’n Perfekte paartjie en Losbol se moses.

Eendag is nou
  • Language: af
  • Pages: 314

Eendag is nou

Jacomien is moeg vir haar man. Haar lewe lank wag sy op eendag om gelukkig te wees net om te besef dat eendag nie meer op haar wag nie. Eendag is hier - eendag is nou.

Eendagmooi
  • Language: af
  • Pages: 311

Eendagmooi

Janeke staan gevaar om haar man te verloor, en veel meer. Sy word min gespaar en daar word meer van haar verwag as redelikheid. Uiteindelik wen sy meer as waaroor sy ooit durf droom het.

Om jou te vind
  • Language: af
  • Pages: 496

Om jou te vind

Kristel Loots se vorige liefdesverhale weer in ’n omnibus beskikbaar! Kristel Loots is bekend vir haar fyn humorsin en besondere vermoë om haar karakters uit te beeld. Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Kristel se vorige liefdesverhale, Liefde op Vergeetbaai, Kiki se kroonprins en Sieraad uit as. Liefde op Vergeetbaai: Irmariana koop die kothuis langs Zak de Beer, wat sy privaatheid beskerm en ’n muur tussen hulle wil oprig. Vergeetbaai is afgesonder en hulle loop mekaar (noodwendig) raak. Irmariana het Vergeetbaai toe gekom om weer heel te word en om te werk aan haar jongste kinderboek. Sy durf nie toelaat dat ’n man haar aandag aftrek nie. Selfs al is hy uiters aantre...