Welcome to our book review site go-pdf.online!

You may have to Search all our reviewed books and magazines, click the sign up button below to create a free account.

Sign up

Magdaleen Walters Omnibus
  • Language: af
  • Pages: 444

Magdaleen Walters Omnibus

Net ’n gewone man Met sterre in haar oë neem Anika haar groot liefde saam Bosveld toe, maar skaam haar by die oomblik meer vir hom. Theuns van Wyk laat haar besef haar liefde is dalkies misplaas. Maar haar oupa betaal hom agteraf om hom oor haar te ontferm. Bosveldsprokie Annelise vlug van haar snobistiese ma Bosveld toe. Maar dis allesbehalwe die idilliese dorpie wat sy verwag het. Al ligpunt is die beesboer, Pieter van Jaarsveld. Maar vir vroue is hy doodsku. Engel in die stad Alles gebeur net te vinnig, te maklik. Voor Maryna haar oë uitvee, het sy ’n werk én ’n woonstel in die stad. Danksy Wim. Sy wonder wat is in die pakkies wat sy moet aflewer, en waarom agtervolg die skollie met sy mooi glimlag haar?

’n Man soos Lodewijk
  • Language: af
  • Pages: 172

’n Man soos Lodewijk

Kon dit nie maar ’n ouer tannie gewees het wat langs Lucy intrek nie? Of ’n stil skrywer? Nou is dit Lodewijk met sy breë skouers, glimlag en lieflike lang lyf. Sy wil trou met ’n kultureel-verfynde man, maar sy kan nie vir Lodewijk uit haar gedagtes kry nie.

Van begin tot einde
  • Language: af
  • Pages: 167

Van begin tot einde

Madri verag die plaas se nuwe eienaar en veral sy gesofistikeerde seun. Maar die volgende keer toe sy hom sien, is hy in ’n gesagsposisie oor haar aangestel. En sy raak onseker oor veragting...

Nogtans sal ek jou liefhê
  • Language: af
  • Pages: 150

Nogtans sal ek jou liefhê

1808, Engeland. Wanneer Eloise Clark ʼn beseerde man langs die pad probeer help, kom sy van aangesig tot aangesig te staan voor iets wat slegs as ʼn wolf beskryf kan word. Dis ʼn skrikwekkende ervaring, maar dit bring haar in aanraking met baron Wesley Bloodsworth en Eloise verloor haar hart op ʼn man wat net goed vir haar is. Wanneer sy egter met die waarheid van sy werklike aard gekonfronteer word, moet sy haar vrese en vooroordele te bowe kom. En sy moet ʼn keuse maak. Luister sy na haar hart of na haar verstand?

Om voor te begin
  • Language: af
  • Pages: 181

Om voor te begin

Melissa se romantiese verbintenis met die grootbaas se seun skep vir haar groot probleme toe ’n man met veel minder aansien en ’n sexy lyf haar lewe inloop. Haar hart en haar werk is op die spel.

Mooiste Eliza
  • Language: af
  • Pages: 161

Mooiste Eliza

’n Gevaarlike, aantreklike predikant op ’n motorfiets ... Toe Eliza Dempsey se pa sterf, moet sy na haar ma en vyftienjarige sussie kyk. Boonop verloor sy haar werk en haar huis en moet sy noodgedwonge by ’n kroeg werk. Almal daar dink sy’s ’n snob, insluitend die geheimsinnige man wat gereeld by die kroeg opdaag. Met sy donker oë en leerbaadjie lyk Josua vir haar gevaarlik, aantreklik en nie soos iemand waarop sy verlief kan raak nie. Hy lyk ook nie noodwendig soos ’n predikant nie ...

Verby omdraai
  • Language: af
  • Pages: 143

Verby omdraai

Marike is in twee geskeur oor die geheimsinnige man met sy broeiende donker blik – en die vyandigheid wat sy te dikwels by hom bespeur. Hom ignoreer, kan sy ook nie – daarvoor het hy ’n te hipnotiese aantrekkingskrag...

Man na haar hart
  • Language: af
  • Pages: 158

Man na haar hart

Colette Buitendach het ter elfder ure besluit om nie met die motorfietsryer Francois Louw matriekafskeid toe te gaan nie. Jare later red hy haar lewe ... maar is hy slegs haar redder of kan hy ook haar prins wees?

Lank en gelukkig
  • Language: af
  • Pages: 158

Lank en gelukkig

Om skielik jou huis met ’n vreemdeling te deel, is moeilik. Veral as dié vreemdeling jou eks-verloofde se broer en onmeetlik aantreklik is en jou boonop gekoester en beskermd laat voel. Dis die dilemma waarmee Larita sit.

Waar die wolwe huil
  • Language: af
  • Pages: 155

Waar die wolwe huil

Dis 1814 in Carlisle, Engeland, en die lewe het min genade vir ’n werkersklasvrou. Edith Maberry is dus verbaas toe Lewis Bloodsworth vir haar in die bresse tree in die kroeg waar sy werk. Toe Edith haar werk en blyplek verloor, wend sy haar tot Lewis. Hiermee dompel sy beide van hulle in ’n krisis. Lewis word met sy verlede gekonfronteer en kom voor ’n keuse te staan. Sal hy Edith kies wat vir hom die verpersoonliking is van alles wat hy in ’n vrou wil hê? Of sal hy hul liefde opoffer om die geheim te bewaar oor wie en, belangriker, wát hy werklik is?