You may have to Search all our reviewed books and magazines, click the sign up button below to create a free account.
Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf. Sy fosforvrou Lanie vrees sy verloor haar hart op dieselfde soort man as waarvan sy geskei het: nie ’n eenvrouman nie. En die gesprek wat sy ongevraagd moet aanhoor, bevestig dit. Maar haar hart protesteer ... Blou diamant vir ’n ysprinses Nadat Carla die soveelste paar buitensporige duur skoene gekoop het, het haar pa genoeg gehad. Hy verban haar vir een jaar na ’n plaas teen die Weskus waar sy haar brood op die harde manier moet verdien. En dit onder Adam se toesig ...
Lilly is oortuig dat haar buurman Matt ook gevoelens vir haar het. Maar dan trek sy eksvrou oornag by hom in en boonop praat hy gereeld van die nimlike “Selene” wie sy nog nooit met die oog gesien het nie.
Lesers het Louisa in Rose vir Roselle leer ken as die ongehude ma wat in sak en as onverwags op La Roseraie aankom, en dadelik deur almal as familie aanvaar word. In Lelies vir Louisa worstel Louisa met die groot vraag oor haar herkoms. Sy is as baba op ’n kinderhuisstoep gelos met ’n saffier wat per ongeluk laat val is. Die saffier lei haar uiteindelik na die buurplaas La Montagne maar die antwoorde kom nie maklik nie. Intussen floreer haar loopbaan as fotograaf en sy word ’n pos aangebied op Liberté waar haar en Liam se paaie kruis. Hy is aanvanklik nors en ongeskik, maar stelselmatig sien Louisa ’n ander kant van hom, veral as hy met haar dogtertjie Rose speel.
Jenna Albrecht se verloofde swendel haar uit haar erfporsie, en sy besluit om nie weer 'n man te vertrou nie. Maar sy onderskat die krag van sprokies ... al is die sprokie verkeerdom.
Roselle se ontroue verloofde is nie die einde van haar probleme toe sy oppak en teruggaan na haar erfplaas toe nie. Maar die swerwer vertrou wat hom hier tuisgemaak het om haar finansies te red? Nooit!
Steyn het geglo Louisa is dood kort ná haar geboorte maar moes met ’n skok besef Louisa leef nog toe sy een dag onverwags voor haar drumpel staan. Hierdie is ’n verhaal van vergifnis, versoening en keuses van die hart.
Janne wen rugbykaartjies oor die radio en gaan later die aand van die Springbokspelers in hul losie ontmoet. Haar hart maak wilde draaie toe Arend, een van haar ou skoolvriende onder die groep rugbyspelers is.
Hannah Malan vlug die Sederberge in nadat haar verloofde haar soos ’n warm patat voor die kansel gelos het. Sy beland op Koelstroom waar ’n spierpaleis met ’n afskuwelike baard haar siel om elke hoek en draai versondig.
Met ’n ontwikkelende sangloopbaan en om haar beste vriendin se sopkombuis te ondersteun, het Mika min tyd vir iets anders. Beslis nie tyd vir die skilderydief, Jean-Pierre, wat met die sopkombuis wil help nie. Tog ignoreer haar hart haar prioriteite, maar ’n ander vrou is steeds in Jean-Pierre se hart. BONUSKORTVERHAAL! ’n Marshmallow-tipe meisie – Rosita Oberholster Die laaste paar jaar huil Emma nooit meer harseertrane nie. Woedetrane, ja. Haar eksman se dinge het haar hard gemaak. Sal die aantreklike Samaritaan, Bart, haar sagtekant weer vind?
Nadat Carla die soveelste paar buitensporige duur skoene gekoop het, het haar pa genoeg gehad. Hy verban haar vir een jaar na ’n plaas teen die Weskus waar sy haar brood op die harde manier moet verdien. En dit onder Adam se toesig ...