You may have to Search all our reviewed books and magazines, click the sign up button below to create a free account.
’n Onderwyseres wat op volmaannagte in ’n weerwolf verander. ’n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang. ’n Eksperiment wat jou in ’n insek laat verander. ’n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg. En ’n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie. Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. Dit sluit in: Troetelgedrog Tande Nag van die monsters Nagvlerke Voelers
Anita wil vreeslik graag ’n troeteldier hê, maar haar ma hou vol dat troeteldiere stink, raserige, pestilensies is wat miljuisende kieme in ’n mens se huis indra en jou allerhande siektes gee. Haar ma het egter geen klagtes teen die elektroniese troeteldier wat Anita teen ’n winskoop raakloop in Mnr. Grinaker se winkel, Alles-en-nog-wat, nie. Wanneer die troeteldier begin aandring op insekgif vir aandete en dreigende e-posse vir haar onderwyseres stuur, besef Anita dat haar troeteldier in werklikheid ’n troetelGEDROG is!
Die flerrie en die advokaat: Advokaat Anita Maree vlug om haar reputasie as verleidster af te skud. Sy kom teen Jans van Heerden te staan, ’n gedugte opponent, en sy móét bewys sy’s nie net ’n leëkoppie nie. Lieflike leuenaar: Toe Anneke teen haar sin die rol van haar tweelingsuster speel, bedrieg sy die man wat sy liefgekry het. Durf sy hom verloor om haar suster te red? En Saul Cordier het g’n genade nie.
Advokaat Anita Maree vlug om haar reputasie as verleidster af te skud. Sy kom teen Jans van Heerden te staan, ’n gedugte opponent, en sy móét bewys sy’s nie net ’n leëkoppie nie.
Hy het van kleins af gewéét dat hy anders is. Sy ma het geglo hy is maar net ’n alleenkind, hierdie agter-agterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Andries Hendrik het al hoe meer gevoel dat niemand hom verstaan nie. En só het hy sy rug gedraai op sy ouers én op God. Hy het vasgevang geraak in ’n dwelmhel. Met LIGLOPERS vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende ware verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms, rehabilitasie en verkeerde keuses sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het en God opnuut ontdek het. Vandag leef Andries Hendrik sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat opvlam.
Guan van Wyk gaan haar nie om sy pinkie draai nie, besluit Anita. Sy is van ’n sterker stoffasie gemaak. Die man is ’n vleier, haar buurman en haar baas. Sy moet verbyhou. Sjoe, maar daardie oë...
Millie Malan se rustige lewe op Dreunbaai verander onherroeplik wanneer haar ouma Hetta sterf en sy by die lees van die testament hoor sy moet haar erfporsie deel met ’n vrou van wie sy nog nooit eens gehoor het nie – Cornelia Krynauw. Boonop kan sy net nie Cornelia se aantreklike seun, Karel, uit haar gedagtes kry nie. Toe hy by haar koffiewinkel ingeloop het, het sy gedink hy is die een vir wie sy gewag het, maar toe sy uitvind wie hy is, en dat dit sy ma is met wie sy haar ouma se erflating moet deel, was die strydlyne getrek. Dan kom Millie op dokumente af wat haar lewe verder deurmekaarkrap: Sy was ’n surrogaatbaba. Wie is haar regte ouers dan? Millie se soeke na die waarheid oor haar afkoms, dwing haar om gespanne verhoudings uit haar verlede aan te spreek, onder andere met haar vervreemde pa, haar antagonistiese stiefma, en haar halfbroer en -susters, wat sy nooit regtig geken het nie. VERDWAALPAD handel oor seerkry, hoe liefde alles kan oorwin en dat vergifnis altyd moontlik is.
Haar vernedering het Nicolette binne een aand in ’n tierwyfie verander, danksy Lukas Jameson, Suid-Afrika se krieketkaptein, wat meisies deesdae wêreldwyd laat swymel. Hoe kan sy vergeet hy het haar amper in matriek geknak?
Anita Minnaar stem teen haar beterwete in tot ’n platoniese vriendskap met die geskeide adonis Chris Bremer. Hulle is immers al twee enkelouers van tieners en kan mekaar net ondersteun. Wie het gesê ’n man en vrou kan nie net vriende wees nie? Dan gaan die ondersteuning een nag te ver en hulle beland in mekaar se arms. Was dit ’n eenmalige gebeurtenis of sal hulle weer kan liefhê? En sal Chris die trauma van sy huwelik met ’n dwelmverslaafde te bowe kan kom?
Theo wens hy kan eendag ’n haarkapper word. Nes sy oupa al die jare was. As hy na skêre, skeermesse en knippers kyk, begin sy hande sommer jeuk om nuwe haarstyle uit te toets. Maar toe van sy oupa se kliënte begin opdaag om hul hare te laat sny, ontdek Theo ’n geheim ... ’n MONSTER van ’n geheim!