You may have to Search all our reviewed books and magazines, click the sign up button below to create a free account.
Roekeloos. Geen ambisie. Vrygees. Dit is beslis nie eienskappe wat Tharien in ’n man wil hê nie. Wel, eintlik weet sy nie, want Rudolf was nie een van daai dinge nie en hy het haar verneuk. Sy is seker van een ding: Heinrich Vermeulen mag dalk soos ’n Noorse god lyk en soene steel, maar hy is nie die een vir haar nie. Hy is net te wild, bly in ’n woonwa en wanneer sy om hom is, voel sy nie soos haar stabiele en verantwoordelike self nie. Dit word gou duidelik dat dit nie maklik gaan wees om Heinrich te vermy nie, en sy moet kophou om nie haar gevoelens vir so ʼn onvanpaste man te laat handuit ruk nie. Maar hulle storie is blykbaar reeds in die sterre geskryf ...
Die reuk van liefde. Alles in Hansie Liebenberg se lewe loop gelyk skeef, maar sy gaan nie dat dit haar onderkry nie, al voel sy haar beskermengel laat haar in die steek. Sy besluit alle mans is nou taboe en sy gaan alleen en manloos haar onafhanklikheid aan haarself bewys. Toe sy per ongeluk die bruidsruiker van katjiepierings op ʼn troue vang, weier sy om waarheid te heg aan die ou bygeloof. Sy gaan ook nie dat ʼn soen, net daarna, van die ongelooflike sexy Luca van Rhyn haar van stryk bring nie. Ongelukkig is dit onmoontlik om Luca te vermy wanneer sy uitvind die woonstel waarin sy gaan bly, is in sy tuin. Hy is gedurig net ʼn hanetreetjie weg met sy sexy lippe, sy aanloklike lyf, sy onweerstaanbare magnetisme.
Mienkie aanvaar die eerste die beste pos nadat haar verloofde haar ontnugter het. Haar nuwe werkgewer in Namibië is ’n droomman. Maar daar is reeds ’n vrou in sy lewe ...
Magriet stap weg van ’n liefdelose huis. Ná ’n ernstige ongeluk ontmoet sy Aaron wie sy huis verlaat het omdat daar nog te veel liefde en herinnerings daarin skuil. Impulsief bied Aaron sy huis as tydelike blyplek aan Magriet en dit sorg vir ekstra komplikasies.
Drie weke op ’n Bosveldplaas klink nie vir Sunella na ’n wonderlike vooruitsig nie. Drie weke sonder hoë hakke, sonder boetieks en nagklubs. En dít in die irriterende Steyn Schoeman se geselskap.
n Skouerbesering veroorsaak dat Leila vir ses maande nie sal kan dans nie. Sy gaan bestuur tydelik haar tant Emma se winkel in Lisabaai. Uit die staanspoor word haar lewe egter versuur deur haar knorrige buurman.
Certain issues called also Regulation gazette no. 1-