You may have to Search all our reviewed books and magazines, click the sign up button below to create a free account.
Alex moes lankal gekom het. Lankal teruggekom het na hier waar sy weet niks anders as eenvoud; vrede en liefde heers nie.
Haar kans op vir ewig en altyd is nou Vyf jaar ná haar egskeiding is Milan ’n bedrywige sakevrou met ’n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome om die korporatiewe leer te klim. Jessica, Estie se ma, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou ’n gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of só wil dit voorkom. Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds ’n houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie, en alhoewel sy die seuns gereeld sien, is Estie se verwerping pynlik. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met ’n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in ’n rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het. Die troues wat sy reël, is ’n poging om boete te doen. Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino’s een vir een kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, onkeerbaar geraak. Durf hulle ’n kans op geluk, ’n kans op vir altyd, waag?
Mila Berg is seker van een ding: Sy en Markus hoort saam. Vandat sy hom die eerste keer gesien het, was haar hart syne. Die feit dat hy ʼn vrou en kinders het maak geen verskil nie, want Mila het ʼn plan. Sodra sy haar regmatige plek in sy gesin inneem sal die verlede nie meer saak maak nie. Haar streng pa se frons sal nie meer rillings teen haar ruggraat afstuur nie. Haar ma sal haar weer in die oë kan kyk. Die liters bloed op die kombuisvloer sal skoongewas word. Hulle almal sal haar sien, raaksien vir meer as die goeie suster. Mila se werklike lewe is binne haar bereik. Al wat sy moet doen is kophou.
Niemand mag haar sien sonder haar mantel nie. Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg; ʼn mantel vir elke okkasie. Flambojante, pienk-Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak, swart-Gita wanneer sy wil wegraak en laag lê, rooi-Gita wanneer sy uitdagend is, en natuurlik die blinkkant-bo-baadjie as sy voor die familie is. Maar agter die mantels spook dit by Gita. Haar pa het weggeloop met ’n ander vrou toe sy tien jaar oud was. Sedertdien sukkel sy om mense naby haar toe te laat. Niemand mag haar sien sonder ’n mantel nie. Wanneer haar werk deure moet sluit pak sy haar lewe op en vertrek Knysna toe. Daar waar haar pa is. Waar sy nuwe vrou is. Waar sy nuwe kinders is. Langs die pad ontmoet sy die kleurvolle Llewellyn wat haar as verkleurvroutjie sien en sy is heeltemal oukei daarmee. Sy is wel nie oukei met die amper-blinde tjellospeler, Darius, en sy broer wat haar geheime lewe wil oopkrap nie. Skielik is daar vier baie verskillende mans in haar lewe, en Gita het nie genoeg mantels om alkant te dek nie.
Die dag toe Billie by Amandelboom 6 intrek, kon nie sy óf Manda, wat oorkant die straat in nr. 9 woon, voorsien hoe verstrengel hulle lewens sou raak nie. Manda en Billie is so verskillend soos Antarktika en die Sahara. Inkennige Manda voel op haar veiligste in haar huis met haar kat, Jasmyn, as geselskap. Billie, aan die anderkant, is net so energiek soos haar hond Tequila. Sy is pas geskei en dolverlief op ’n Irakese vrou, Amani. Uit blote misverstand tussen die troeteldiere begin Billie en Manda oor en weer kuier. En in die proses leer hulle dat die liefde ’n duisend vorme aanneem, dat dit moed verg om weerloos te wees, en dat vriendskap oneindig kosbaar is.
Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou. Dominique is ’n kunstenares en ’n hoogsbetaalde gesellin wat spesialiseer in seksfetisjes. Martin is ’n sielkundige wat bekruipers navors. Hul paaie kruis wanneer Dominique by Martin om hulp aanklop omdat sy agtervolg word. Hulle mag so uiteenlopend wees soos nag en dag, maar albei word geteister deur donker geheime. Martin het syfers nodig om sy angstigheid te beheer, Dominique die vertroosting van haar sekswerk-persona, Courtesan. Soos Dominique en Martin deur haar lys van klante werk om Die Bekruiper te ontbloot, word die bedreiging al hoe erger. En die tyd al hoe minder.
Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar oorrompel het. INA, ’n Verhaal van genade en genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.
Liefde is prentjiemooi. Carina Erasmus geniet dit om saam met haar susters betrokke te wees by haar ma se besigheid en as fotograaf te werk. Tyd vir ’n man, veral een wat haar so ontstig soos Conrad Vissser, is daar nie. Die een afspraak wat sy met hom gehad het, was loshande dié goorste een waarop sy nog was. Conrad Visser weet sedert sy tienerjare hy is nie die soort mens op wie iemand anders kan staatmaak nie, daarom het hy twee reëls waarvolgens hy lewe: moenie verlief raak nie en hou mense op ’n afstand. Sodoende kan hy niemand teleurstel nie. Totdat Carina Erasmus met haar lang bene en donker hare sy reëls kom breek.
Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het? Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met ’n droewige klaaglied. Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, ’n joernalis, ’n spesie waarvoor hy nie baie ooghare het nie. Hy moet haar gedoog, al maak sy dit duidelik dat sy nie tyd het vir ’n popster soos hy nie. Tog, om een of ander rede begin die note weer helder deur Zander se gedagtes klink wanneer sy naby is. Anine kan nie verstaan hoekom juis sý die opdrag moes kry om ’n in diepteartikel oor Zander te skryf nie. Sy het mos niks verloor by hierdie mislike musikant nie. Om deur sy lewe te krap is die laaste ding wat sy wil doen terwyl haar eie hart nog gebreek is.
Die ware betekenis van la dolce vita ... In ’n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy ’n brief van haar oupa. Dié versoek dat ’n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucasgesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op ’n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos ’n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi. In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken.