You may have to Search all our reviewed books and magazines, click the sign up button below to create a free account.
Op haar man se begrafnis hoor Danika Rivers iemand sê sy moes van haar man se bedrog geweet het. Sy en haar sesjarige dogtertjie word met skuld en skande agtergelaat. Ses maande later ontmoet sy die man wat haar so vinnig veroordeel het. Stadigaan gee Dewald de Koning haar weer die selfvertroue om die wêreld in die oë te kyk. Probeer Dewald net vergoed vir sy kras woorde van maande gelede? Of het hy regtig lief geword vir haar?
Rachelle raak in haar matriekjaar smoorverlief op haar stiefbroer Jakes; maar sy voel deurentyd asof hy haar skaars kan verdra. Meer as ses jaar verloop voordat sy teruggaan Pretoria toe om vir haar stiefpa te kuier en die ou aantrekkingskrag tussen Rachelle en Jakes vlam weer op. Sy besef gou dat haar lank-gelede verliefdheid nou haar groot liefde is.
Sy gaan alles moet waag om sy hart te wen ... Katryn kan nie verstaan waarom almal in haar lewe mal is oor Daniël Roux nie. Ja, hy is aantreklik, maar dis al. Sý wil meer in ’n man sien as net sy mooi gesig, sy gespierde lyf en sy gladde mond. Stadigaan begin sy tog besef dat Daniël anders is. Maar afgesien van die skade wat sy aangerig het met haar aanvanklik bevooroordeelde houding teenoor hom, weet sy nie of sy hom kan vertrou nie. Sy het mos al voorheen haar vingers verbrand. En nou beskuldig Daniël haar dat sy met sy gevoelens speel. Daar blyk geen einde aan die spanning tussen hulle te wees nie. Katryn moet besluit of sy die moed het om haarself bloot te stel deur met vertroue ’n nuwe verhouding aan te knoop.
As jy wag vir ’n ridder op ’n wit perd gaan jy lank wag, want hulle bestaan nie. Dis Ma Amelia se motto. Na ’n onvergeetlike nag in Vittorio Mancini se arms, word Claudette alleen wakker. Ontnugter moet sy erken haar ma is reg: Geen man is te vertrou nie. Van haar pa wat voor haar geboorte reeds die hasepad gekies het, haar eksverloofde wat haar gelos het, tot en met Vittorio se verraad. Voortaan sal sy ’n man niks anders as vriendskap bied nie. Sy leer egter gou, die hart laat hom nie voorskryf nie. Sal sy die aantreklike Vittorio kan weerstaan?
Die vonke spat toe Christie Grey haar pa se nuwe voorman, Brand, ontmoet. Wie is hy om haar sommer so af te keur? Die ergste is dat haar kêrel, Paul, haar hart nie naastenby so wild laat klop nie. Brand raak teen sy sin betrokke by Christie se fotografie. Die aantrekkingskrag tussen hulle laat Christie twyfel oor haar verlowing aan Paul. Maar Brand se korttermynplanne sluit nie ’n vrou in nie. Boonop is hy ‘n man wat by sy standpunte hou. Is Christie die een wat hom van plan sal laat verander?
Megan is ’n vuurvreter advokaat wat haar nie van stryk bring nie, totdat sy die aantreklike Eckhardt met sy verspotte kort kakiebroek raakloop. Boonop moet sy nou saam met sy broer, ’n alombekende mode-ontwerper, werk. Eckhardt staan nie terug vir ’n uitdaging nie en stel sy mense altyd bo homself. Megan betree sy lewe en vir die eerste keer is sy eie smagting belangriker. Sal Megan haar trots kan opgee om haar hart te volg, of sal sy toelaat dat liefde deur haar vingers glip?
Toe Iris Koopman met haar dogtertjie, Rosie, terugkeer Suid-Afrika toe, loop sy haar vas in haar eksman, Brandon. Sy drinkery het destyds hulle huwelik vernietig en sy wil Rosie beskerm. Maar hulle deel ’n vriendekring en Rosie is dadelik gek oor haar pa. Toe Brandon haar saamnooi op ’n sakereis na Europa, sê Iris ja. Sy vind uit haar liefde vir Brandon het nooit werklik gesterf nie. Kan sy dit waag om haar hart ’n tweede keer vir hom te gee?
Poor Thabo is horrified when his so-called ‘loving’ parents inform him that his family is moving to Mars! Could his life get any worse? Apparently so, since his parents are forcing him to document his last days on Earth in this log book. Will he survive Mars Boot Camp? Will he be able to smuggle his two best friends on board the space shuttle? And, most importantly, will he manage to sneak a farewell kiss from Mbali?
Ampie weet sommer hy gaan sy plek in die rugbyspan verloor toe Max sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy lééf vir rugby en hy is ’n boelie. Maar Max het ’n nare geheim...
None