You may have to Search all our reviewed books and magazines, click the sign up button below to create a free account.
Vyf jaar lank laat Lana Marius Jansen se oorheersing toe. Sy voorskriftelikheid. Hy neem haar besluite en dit dompel haar uiteindelik in ’n diep depressie. Toe sy agterkom hy het ’n minnares, kies sy koers Karoo toe. Na haar ousus toe. Maar Sunet-hulle is nie daar nie en sy beland by Wilhelm van Zyl. In sy onpretensieuse huisie op sy uitgestrekte plaas, ervaar sy net aanvaarding en versorging. By hom is daar geen veroordeling nie, net genade. En dié het sy bitter nodig. Ná die miskraam, die aborsie en die mislukte selfmoordpoging, is sy aan haar eie oordeel uitgelewer. En dis nie sag nie. Maar sy kan nie vir ewig wegkruip nie. Sy sal haar probleme in die oë moet gaan kyk, haar eie besluite neem. Alleen. Sy weet nog nie hoe vorentoe nie, maar sy weet weer daar is wel ’n pad. Sy moet hom net kry.
Vir ’n tinktinkie met ’n groot bril en ’n ewige boek onder die blad het Henk Rademeyer sekerlik geen trek nie. Net soos die res van die wêreld se mans, dink Essie. Maar ’n reuse verrassing wag op haar toe Kupido betrokke raak.
Adele is op vakansie om van haar eks te vergeet, nie ’n plaasvervanger vir hom te kry nie. Maar een kyk in Lance se broeiende blou oë en haar hart vat vlam.
Roelien en haar broer is nuut op die dorp en wil oorbegin. Ongelukkig vir haar is haar buurman nie net onbeskof nie maar eina-aantreklik ook. Om sake te vererger gee hy by dieselfde plek as sy skool.
Christine staan in die son en omkom van die dors, maar Dennis nooi haar nie by sy huis in nie. Hy kan nie onthou dat hulle ’n afspraak het nie, maar hy weet verseker: Christine is die prinses van sy nuwe fantasieverhaal.
Sanet moet ná baie huweliksjare hoor haar man is gay. Sy is vyftig en die lewe lê nog voor. En deel van Willem se verantwoordelikheid ‒ nou ook hare ‒ is ironies genoeg ’n vreemde dogtertjie sonder heenkome.
Karla keer uit Australië na Suid-Afrika terug. Maar sy dra swaar aan haar onverwerkte skuld en woede uit die verlede. En die aantreklike Chris maak nie dinge makliker nie want hy het self ’n onverwerkte verlede.
Mariaan is ’n mooi vrou wat nie liefde ken of vertrou nie. Sy het haar Groen Vingers-tuindienste, haar dieselbakkie, en darem die katte. Die enigste siel wat sy moet versorg, is Marius, ’n parapleeg ná sy ongeluk. Nie dat Marius dit waardeer nie. Nee, dié vername skrywer neem dit vanselfsprekend aan en is boonop gruwelik onbeskof. Tot sy op ’n dag haar voet neersit. Dis genoeg om Marius te laat nadink, en haar met ander oë te begin agternakyk. Want hy is ’n man, al kan hy nie meer sy bene gebruik nie. Iewers in die Karoo, in ’n gewyde kerkie, word Mariaan en Marius baie stil. En daardie nag is die sterre baie helder. Toe hulle terugkeer Kaapstad toe, het iets in albei se harte gebeur. Maar ’n man in ’n rolstoel kan nie op sy knieë gaan om die vraag te vra nie. Veral nie ’n man met ’n verlede nie. Dit neem tyd om te leer vergifnis en liefde is soos ’n suurlemoenblaartjie: Dit moet kneus voor jy met daardie wonderlike geur beloon word.
Schalk en Anke is voëls van eenderse vere: albei onafhanklik, albei beroepsgedrewe. En albei het al seergekry. In Leipzig kom allerlei verborge vrese en drome na vore. En in Noorweë moet hulle ’n besluit neem.
Wat in Vegas gebeur ... What happens in Vegas, stays in Vegas. Wanneer Miela Karoo toe trek om haar tante by te staan, kom sy gou agter dié ou gesegde geld nie noodwendig hier nie. Haar impulsiewe besluit spook by haar in die vorm van Johannes, haar tante se nuwe buurman en Miela se destydse bruidegom. Johannes beweer dat hulle huwelik geldig is en dat hy nie wil skei nie. As binnehuisversierder kry Miela die geleentheid om haar droom te bewaarheid en haar eie besigheid te begin, maar hoe kan sy permanent in die Karoo bly as sy daagliks herinner word dat sy net een woestyn vir die ander verruil het, en steeds vlinders in haar maag kry wanneer Johannes in die omtrek is?