You may have to Search all our reviewed books and magazines, click the sign up button below to create a free account.
Diana en Gerhard deel dieselfde droom, maar dit is beslis nie een wat hulle saam kan uitleef nie. Dit is óf die een óf die ander se droom wat gaan realiseer. Hulle is albei doelgerig en vasbeslote in hul soeke na sukses. Sake word bemoeilik toe hulle hul harte onherroeplik op mekaar verloor. Hoe gaan hulle die groeiende passie tussen hulle keer? En wie se drome gaan op die ou einde aan skerwe lê?
Anika was maar al te bly toe Ivan, haar vriend, so vinnig vir hul albei werk gekry het by die magtige eiendomsmagnaat, EVS. Dinge het aanvanklik goed begin, totdat die ontwikkelaar, Hugo, Anika se voete onder haar uitslaan. Anika sukkel om ʼn balans te vind tussen haar nuwe werk en haar gevoelens vir Hugo. Wat sy nie besef nie, is dat daar veel meer in die familiebesigheid skuil. Hugo is nie wie hy sê hy is nie, en Ivan is nie die vriend wat sy gedink het sy ken nie. Boonop is daar ʼn ondersoek na bedrog geloods en Anika is die hoofverdagte. Hoe sal die nuutgevonde liefde die stryd wen tussen al die misverstande, leuens en korrupsie?
A timeless coming-of-age tale of heartbreak and triumph set in South Africa at the dawn of apartheid. Persomi is young, white, and poor, born the middle child of illiterate sharecroppers on the prosperous Fourie farm in the South African Bushveld. Persomi’s world is extraordinarily small. She has never been to the local village and spends her days absorbed in the rhythms of the natural world around her, escaping the brutality and squalor of her family home through the newspapers and books passed down to her from the main house and through her walks in the nearby mountains. Persomi’s close relationship with her older brother Gerbrand and her fragile friendship with Boelie Fourie—heir to...
Armin is te befoeterd vir Sabrina en Sabrina verkies surfers met sexy bolywe wat nie heeldag werk nie. Maar dan leer sy hom van feng shui en hy begin wonder of sy dalk die yin van sy yang is.
Op haar man se begrafnis hoor Danika Rivers iemand sê sy moes van haar man se bedrog geweet het. Sy en haar sesjarige dogtertjie word met skuld en skande agtergelaat. Ses maande later ontmoet sy die man wat haar so vinnig veroordeel het. Stadigaan gee Dewald de Koning haar weer die selfvertroue om die wêreld in die oë te kyk. Probeer Dewald net vergoed vir sy kras woorde van maande gelede? Of het hy regtig lief geword vir haar?
In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat 100 man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer. Die afloop van hierdie sending na Dingaan is wyd opgeteken as die Slag van Bloedrivier. Byna 180 jaar later is Hanna op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie. Bitter min is bekend oor Magdalena en haar lewe ná 1838, buiten haar brief in 1841 aan haar skoonfamilie. In Pietermaritzburg staan haar huisie vandag nog, nou ’n klerewinkel. Kort voor haar dood in 1854 besoek ’n handelaar haar in Potchefstroom en staan in sy boek ’n paragraaf aan haar af. Al wat ons het, is vandag en elke mens vertel ’n storie anders. Van ver af is niks soos dit vir ons lyk nie.
In one volume for the first time, the entire sequence of Bosman s famous Oom Schalk Lourens stories. Edited from authoritative sources, and accompanied by original illustrations, this gathering represents a feast of South Africa s best-loved tales. The sixty pieces include all-time favourites like In the Withaak s Shade, Makapan s Caves and Willem Prinsloo s Peach Brandy, the Boer War classics Mafeking Road and The Rooinek, as well as several lesser-known treasures."
Toe Mia Roux, kunstenaar en eienaar van ’n kunsgalery, in Jaco Botes se uitsonderlike oë kyk, besef sy hier kom moeilikheid. Sy soek nie ’n verhouding nie, maar hier die man doen dinge aan haar. Jaco, ’n suksesvolle korporatiewe prokureur, kan sy hande nie van haar afhou nie, maar soek nie ’n lew ensmaat nie. Hy stel voor dat hulle vriende met voordele word. Tussen die lakens is hulle beslis ’n uiters goeie kombinasie, maar is dit genoeg vir hulle?
Helen se gemaklike lewe verander oornag toe sy in selfverdediging ’n inbreker doodskiet. Dis die begin van haar grootste nagmerrie en sy het dit nooit voorsien wat sy alles sou doen om haar gesin te beskerm nie.
Genomineer vir die 2021 ATKV-Veertjie vir spanningsromans Erin se dogter het op ses verdwyn en klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlot Chinees - sy is reusagtig en grotesk - het ’n dagga-gewoonte en is stuurs en stil. Dit sal enigeen van moord laat droom.