Welcome to our book review site go-pdf.online!

You may have to Search all our reviewed books and magazines, click the sign up button below to create a free account.

Sign up

Romanza Nostalgie: Madelie Human
  • Language: af
  • Pages: 311

Romanza Nostalgie: Madelie Human

Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf. Jy is die een De Wet Erasmus is skoon bombefoeterd oor sy nuwe huismaat. Daar’s skielik net te veel goed, te veel vróú in sy huis. Roni versondig sy siel graag, nie bedag op wat in dié strak wetenskaplike skuil nie. Optelgoed is hougoed Brink de Meyer se terugkoms Sitrusville toe het al wat hubare vroumens is op hol. Almal behalwe Tharien. Hy’s van die bodorp en sy ’n motorwerktuigkundige. Maar Brink draai net om haar. Onthou hy nie hulle geskiedenis nie?

Trofeevrou
  • Language: af
  • Pages: 147

Trofeevrou

Hy wil Inez met alle mag besit. Maar dis bloot om die sosiale leer te kan klim. En natuurlik uit wraak. Aanvaar sy sy aanbod, kan Wim Meintjies haar deeglik straf vir sy vernedering toe sy jonger was.

How Lucifer Hijacked Humanity’s Eternal Destiny
  • Language: en
  • Pages: 192

How Lucifer Hijacked Humanity’s Eternal Destiny

How Lucifer Hijacked Humanity's Eternal Destiny is a whimsical poetic tale that tackles some of humanity's most enduring enigmas such as the unnerving inevitability of death, as the beginning of one's own eternal destiny--and the disturbing existence of evil in the world. But what might eternity be, if life is the only testing ground that precedes forever? And why has humankind been assigned such a wonderous, but grave responsibility--as everyone contemplates eternity with concepts of heaven, hell--and even nothingness? These ageless ideas continue to cause everyone to hope for the very best in terms of an afterlife for themselves, and for their loved ones. Eternity remains as relevant a consideration now as it was in ancient times when the greatest civilizations labored to entomb their kings and queens with enough care as to ensure their safe arrival to the hereafter. Thus, the onus of eternity has always haunted humanity like the strange curse of death itself. And as humanity still reckons with that inexplicably egregious entity called evil--does anyone actually know what it is, or who it is?

Quinn
  • Language: af
  • Pages: 143

Quinn

Die Skot Quinn Sutherland het Ella du Toit se hart ses maande gelede gebreek toe hy bloot opgehou het om op haar teksboodskappe te antwoord. Sy kies koers Londen toe waar sy as beleggingsontleder gaan werk. Dan bars ’n skietery los by die restaurant waar sy een aand kuier en Quinn is die een wat met haar hospitaal toe jaag. Hulle besef die vonk tussen hulle is nog lank nie uitgebrand nie. Quinn is egter nie van plan om gou te trou nie en Ella is lugtig vir hom nadat hy haar so seergemaak het. Dan stel sy ’n kortstondige romanse van drie weke tussen hulle voor. Dit behoort genoeg te wees om hulle vir goed uit mekaar se gestel te kry, of hoe?

Lentelag
  • Language: af
  • Pages: 151

Lentelag

Die vonke spat toe Christie Grey haar pa se nuwe voorman, Brand, ontmoet. Wie is hy om haar sommer so af te keur? Die ergste is dat haar kêrel, Paul, haar hart nie naastenby so wild laat klop nie. Brand raak teen sy sin betrokke by Christie se fotografie. Die aantrekkingskrag tussen hulle laat Christie twyfel oor haar verlowing aan Paul. Maar Brand se korttermynplanne sluit nie ’n vrou in nie. Boonop is hy ‘n man wat by sy standpunte hou. Is Christie die een wat hom van plan sal laat verander?

Skakerings van liefde
  • Language: af
  • Pages: 265

Skakerings van liefde

Nadia kom op die mees onverwagte plek en tyd weer die seuntjie teë wat sy vir aanneming moes afgee. Maar vergis haar seuntjie se aanneempa nie lyflike begeerte en ’n ma vir sy kind met liefde nie? At the most unexpected time and place, Nadia again crosses paths with the little boy she had to give up for adoption. But is his adopted father confusing love with physical passion and the desire to find a mother for his child?

Alan
  • Language: af
  • Pages: 148

Alan

Toe Alan Sutherland en sy broers by haar blommewinkel inbars, vervies Corinne Hansen haar dadelik vir die Skot. Hy mag dalk dodelik aantreklik wees, maar hoe durf hy vir haar sê sy is nie sy tipe nie? Sy sal hom eenvoudig ’n les moet leer... As mede-eienaar van ’n groot maatskappy, is Alan nie net op soek na ’n trouvrou nie, maar ook ’n sakevennoot: Iemand wat stemmig is, gedienstig is, die pad vir hom gelyk kan maak. Met haar vreemde klere, ritse armbande en vurigheid is Corinne allesbehalwe stemmig. Sal Alan sy kop volg en aanhou soek na die vrou wat netjies by sy planne inpas of sal hy swig voor dít wat sy hart wil hê?

Scope And Categories Of Human Rights
  • Language: en
  • Pages: 336

Scope And Categories Of Human Rights

These volumes virtually cover the whole Islam in a nutshell, which makes them reader-friendly. This multi-volume is essential for all scholars, researchers, students and general readers, the world over.

Liefde genees
  • Language: af
  • Pages: 151

Liefde genees

Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet. Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer ʼn verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie. Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees?

n Skandalige soen
  • Language: af
  • Pages: 160

n Skandalige soen

Mary, oftewel Prinses Marié Elizabeth van Habsburg, staan op trou met Prins Octavius van die prinsdom van Kyburg. Hy is egter ver van haar ideale man: Oorlogsugtig en wreed. Dan daag ‘n belangrike brief vir haar op. Met die lag in sy oë laat hy dadelik haar hart vinniger klop. Daar mag egter niks tussen hulle wees nie. Sal Mary van Francis se betowerende soene kan vergeet? Gaan sy plig, eer en haar familie se goeie naam eerste plaas? En wat gaan Francis kies: Die bloedband met sy broer of sy liefde vir Mary?